Die Tshwane-metropolisie het die afgelope week op 25 taxi’s in die Tshwane-metro vir verskeie oortredings geskut, soos om sonder ‘n permitte te bestuur, in verkeerde roetes te werk en verkeersbelemmering.
‘n Verdere 29 taxi’s is vandag in die Tshwane-metro deur verkeersbeampes geskut. Sommige van die taxibestuurders het sonder ‘n geldige bestuurslisensie gewerk.
AfriNuus het uitgereik na Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, vir kommentaar oor hierdie suksesvolle operasies.
“Hierdie operasies wat plaasvind, word geloods, op grond van beskikbare inligting, in ‘n poging om wetteloosheid hok te slaan,” meen Mahamba.
“Die fokus van die operasies is padwaardigheid van voertuie en die geskiktheid van bestuurders.
“Boetes word uitgereik en kriminele sake geopen ten opsigte van oortredings op padverkeerswette. Met hierdie operasie is niemand egter in hegtenis geneem nie, maar slegs boetes is uitgereik.
“Wanneer ‘n voertuig geskut word, moet die eienaar of die bestuurder ‘n fooi van R1 950 betaal, alvorens die voertuig teruggegee kan word.
“Die taxi bestuurders is bewus daarvan dat sommige van hul taxi’s nie padwaardig is nie, en dat sommige van die bestuurders sonder geldige dokumente werk.
“Hierdie operasies het ten doel om ‘n veiliger stad vir almal te skep en oortreders te laat besef dat ons geen verdraagsaamheid sal duld met diegene wat nie die voorskrifte van die wet nakom nie. Diegene wat nie aan die wet voldoen nie, sal die volle mag van die wet in die gesig staar,” sluit Mahamba af.