Sjanghai het sy streng COVID-19-inperking verskerp in ‘n verskerpte poging om infeksies buite kwarantyngebiede van China se grootste stad teen later vandeesmaand uit te skakel, berig Reuters.
Sjanghai het gister maar ‘n skrale 39 nuwe Covid-19-infeksies aangemeld.
‘n Verbod op vrye beweging sal na verwagting tot einde Mei in plek bly, wat beteken dat mense steeds verbied sal word om hul huise te verlaat, al het hulle nie die virussiekte nie.
Verskeie inwoners het gesê dat daar van hulle verwag word om onder dwang na kwarantynfasiliteite te trek, ondanks die feit dat hulle negatief getoets is. Dit is wanneer positiewe gevalle wel in hul geboue voorgekom het, wat frustrasies aanwakker.
China se hoofstad, Beijing, het Saterdag ‘n nuwe rondte massa-toetsing vir COVID-19 van stapel gestuur en gevolglik is meer busroetes en metrostasies gesluit. Hierdie word bestempel as voorkomende aksies, in ‘n poging om dieselfde lot te voorkom sodat die inwoners van Beijing nie soos Sjanghai, waar miljoene inwoners al meer as ‘n maand “toegesluit” is, dieselfde roete moet volg nie.