Dis-Chem Apteke het onthul dat byna 3,7 miljoen van sy kliënte se rekords, wat name, selfoonnommers en e-posadresse insluit, ontbloot is tydens ‘n voorval waarby ‘n derdeparty diensverskaffer betrokke was.
Die apteekgroep het verduidelik dat hy ‘n kontrak met die derdeparty het wat help om sy databasis te ontwikkel.
“Dit is op 1 Mei 2022 onder ons aandag gebring dat ‘n ongemagtigde party daarin geslaag het om toegang tot die inhoud van die databasis te verkry,” het Dis-Chem gesê.
“Toe ons van die voorval bewus gemaak is, het ons dadelik ’n ondersoek na die saak van stapel gestuur om enige verdere voorvalle te voorkom,” het dit bygevoeg.
Lees meer: https://www.dischem.co.za/customer-notice