‘Shot Sage Blue Marilyn’, ‘n portret van Marilyn Monroe deur Andy Warhol, is vir $195 miljoen (R3,4 miljard) verkoop. Dit is nou die duurste skildery uit die 20ste eeu wat op ’’n veiling verkoop is.
Die rekord-verkoping het met Christie’s Spring Marquee Week op 9 Mei 2022 plaasgevind. Die veilingshuis het die kunswerk beskryf as “een van die skaarsste en mees transendente beelde wat bestaan”.
Geskep in 1964, twee jaar na Monroe se dood, is dit ’n reeks van vier vierkantige (1m x 1m) portrette wat hul name verdien het nadat hulle met ’n enkele koeël deur die voorkop geskiet is.
Die koper is glo Larry Gagosian (VSA), ‘n prominente kunshandelaar en eienaar van ‘n wêreldwye ketting kunsgalerye.
Die geld sal na ’n liefdadigheidsorganisasie geskenk word.