Die Russiese navorsingsinstituut het bevestig dat die grootste van die bekende Apollo-groep asteroïdes wat vanjaar by die Aarde verby vlieg, op 27 Mei die planeet nader.
Rusland se Akademie vir Wetenskappe het ‘n foto vrygestel van die “potensieel gevaarlike” asteroïde, genaamd 7335.
“Vanjaar is dit die grootste (ongeveer 1,5 km in deursnee) van die bekende en potensieel gevaarlike voorwerpe wat die aarde sal nader,” het die Instituut gesê, en bygevoeg dat dit selfs deur ‘n amateur 20 cm-teleskoop gesien kan word.
Die asteroïde sal op 27 Mei om 04:26 (SA-tyd), op ‘n afstand van 4 miljoen kilometer, die naaste aan die aarde wees. Dit vlieg teen bykans 13 kilometer per sekonde.
Die asteroïde hou geen bedreiging vir die planeet in nie, het Rusland se Staatsruimtekorporasie verder gesê.