Tydens die Wêreld Ekonomiese Forum se jaarberaad in die Switserse ski-oord, Davos, het Zelenskyy via ‘n video-uitsending op ‘n vraag soos volg geantwoord: “Rusland het ‘n besluitnemingstruktuur dat geen besluite sonder die president geneem kan word nie, en dat alle militêre besluite deur die president geneem word. Sonder hom sal daar geen besluit plaasvind om die oorlog te beëindig nie.”
“Ons het geen begeerte om weer met bemiddelaars te vergader nie. Ek aanvaar geen vergadering met enige persoon, behalwe President Wladimir Poetin nie, en wanneer ons ontmoet sal daar slegs een besprekingspunt op die tafel wees, naamlik die einde van die oorlog,” sê Zelenskyy.