Weens oorweldige navrae het AfriNuus besluit om ons nuuslesers daagliks op datum te hou oor die jongste verwagtinge aangaande die stygende brandstofpryse.
Dit volg nadat die mees onlangse wisselkoers, die stygende oliepryse en oorlog in die Oekraïne veroorsaak het dat brandstofpryse op 1 Junie 2022 nuwe hoogtes sal betree.
Die jongste data van die Sentrale Energiefonds, dui aan dat die volgende styging in brandstofpryse verwag kan word:
- 95-oktaan-petrol: Styg met R3,85 per liter;
- 93-oktaan-petrol: Styg met R3,77 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: Styg met R2,73 per liter;
- 0,005%-swael-diesel: Styg met R2,70 per liter;
- Paraffien: Styg met R3,17 per liter.
Die bogenoemde data is op 23 Mei 2022 geneem, en neem die R1,50 algemene brandstofheffing in ag.
