The National News, ‘n Dubaise nuusdiens, het foto’s onthul van ’n paleisagtige huis wat versier is met goue toebehore en luukse meubels in Dubai. Dit is natuurlik die huis van die miljardêr Gupta-broers.
Ajay, Atul en Rajesh Gupta, wat glo miljarde rande se staatsgeld in die Zuma-jare geplunder het, het vir ‘n paar jaar saam met hul gesinne in die luukse Emirates Hills-gemeenskap in Dubai gewoon.
Die huise in Emirates Hills kyk uit oor ‘n luukse gholfbaan en die stad.
Luidens berigte is die huis steeds in die Gupta-broers se naam, maar dit is egter nie bekend wat daarvan sal word wanneer die broers na verwagting na Suid-Afrika uitgelewer word nie.
The National News het met Prateek Chaudhry, ‘n ontwerper en vriend van die Guptas in Dubai, gepraat.
Chaudrey was ‘n gereelde besoeker aan hul Emirates Hills-huis.
Hier is wat ons weet van die Gupta-paleis:
???? Die Gupta-broers het ongeveer 35 personeellede in dié huis gehad, met skinkers (butlers) wat van die stad se tophotelle gehuur is.
???? Dit is ‘n 10-slaapkamerhuis met 13 badkamers.
???? Die huis van 40 000 vierkante meter is versier met ‘n groot trap, handgeverfde sentrale koepel, nege ontvangskamers met marmervloere en kandelare.
???? Die huis was gemeubileer met ou meubelstukke en versamelstukke uit Indië.
???? Meubels in die sitkamers het eens aan Russiese oligarg behoort.
???? ‘n Meubelstuk van Michael Jackson en miniatuurmodelle van ses private jets wat die familie besit, was uitgestal.
???? Byna elke meubelstuk het ’n geskiedenis gehad.
???? Die huis was ’n mengsel van houtpanele, goud en marmer. Daar was stukke goud in dele van die mure.
???? Die ondergrondse parkeerplek het plek gehad vir meer as 10 motors, waarvan een ‘n seldsame Rolls-Royce Twilight was.
???? Die huis is gewaardeer teen 118 miljoen Dirham, oftewel R500 miljoen.