Die V&A Waterfront in Kaapstad het in ‘n verklaring bevestig dat die ikoniese Cape Wheel na ‘n nuwe tuiste verskuif word.
Luidens die verklaring maak die Cape Wheel op Sondag 19 Junie tydelik toe, terwyl dit afgebreek word en na ‘n nuwe tuiste geskuif word.
Die Cape Wheel, wat die eerste keer in 2008 bekendgestel is, sal eers instandhouding ondergaan voor dit na die verkeersirkel aan die ander kant van die winkelsentrum verskuif word.
Die verklaring lui verder soos volg:
Die wiel sal middel Junie uitmekaar gehaal word en weer by die nuwe perseel, naby die Waterfront se promenade, met bykomende nuwe aktiwiteite soos vaardige speletjies en eet- en drankwinkels aanmekaargesit word, waar dit betyds sal oopmaak vir die begin van die Kaapstad se somervakansie in November.
Die nuwe perseel sal uitsigte oor Robbeneiland bied, sowel as uitsigte van verbygaande skepe en Tafelberg.
Daar word ook verder gesê dat die nuwe tuiste meer oop en ontspanne vir besoekers aan die reuse wiel sal wees.