Terwyl die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ‘n beroep gedoen het op Suid-Afrikaners om nie paniek te saai met die verspreiding van fopnuus oor ‘n nasionale stilstand nie, het dié dag op ‘n slegte nooit begin toe sommige winkels en stalletjies in Durban se sentrale besigheidsarea geplunder is.
Beeldmateriaal wys hoe sommige inwoners van Durban hulself skuldig maak aan plundering van winkels en stalletjies.
Volgens berigte moes polisielede traangas en skokgranate afvuur, toe daar gepoog is om ander winkels ook te plunder.
Daar is egter tans nog geen ander tekens van ‘n amptelike nasionale stilstand nie.
NatJoints, die Nasionale Gesamentlike Operasionele Intelligensiestruktuur, het egter gister in ‘n verklaring gesê dat polisielede op ‘n hoë gereedheidsgrondslag is oor hierdie gerugte.