“Die rooftog wat in 2020 op my plaas Phala-Phala plaasgevind het, is die onderwerp van ’n strafregtelike klag, en die reg moet sy loop neem. Met ander woorde, behoorlike proses moet gevolg word,” het president Cyril Ramaphosa in sy openingstoespraak van sy begrotingsdebat gesê.
“Ek sal dus nie op bespiegelings, vermoedens, bewerings of sogenaamde onthullings reageer nie. Dit moet in die behoorlike en toepaslike forums uitgelig word. Ek herhaal, die reg moet sy gang gaan.”