Helga, Marno Muller (5) se ma, het in ‘n Facebookboodskap gepleit dat mense nie ophou om vir haar kind te bid nie.
Marno het sowat 2 weke gelede op die glyplank van sy kleuterskool in Brakpan gegly toe die toutjies van sy baadjie iewers vasgehaak en hom gewurg het.
Marno is sedertdien onder sedasie in die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal.
“Die dokter het begin om van die sedasie te lig,” sê Helga. Marno is steeds op 40% suurstof, en hy kry 150ml se buisvoeding wat elke drie ure toegedien word.”
Die dokters het vandag x-strale van Marno geneem om te kyk hoe dit binne sy brein lyk.
Daar is ‘n Facebookgroep, genaamd “Bid asb. vir Marno Muller” ter ondersteuning gestig. Strikkies is teen R5 elk te koop om sy mediese kostes te dek.