Olebogeng Tawana, woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, het ‘n hofuitspraak verwelkom waar ‘n 17-jarige seun op drie aanklagte gevonnis is: roof met verswarende omstandighede, moord en verkragting.
Die beskuldigde is op Saterdag, 11 Junie 2022, deur die Noord-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind en gevonnis.
In Julie 2021 het die beskuldigde ‘n 81-jarige bejaarde vrou by haar huis in die dorpie Cassel aangeval waar hy haar verkrag, vermoor en van haar besittings gesteel het.
Die beskuldigde is gearresteer en die ondersoekbeampte, luitenant-kolonel Doggy Magugu, het borgtog suksesvol teengestaan. Hy is in polisie-aanhouding gehou totdat die verhoor afgehandel is.
Die beskuldigde is skuldig bevind en as volg gevonnis:
???? Aanklag 1: Roof met verswarende omstandighede – 15 jaar gevangenisstraf;
???? Aanklag 2: Moord – 18 jaar gevangenisstraf;
???? Aanklag 3: Verkragting – 18 jaar gevangenisstraf.
Die beskuldigde is gelas om die vonisse van 18 jaar samelopend uit te dien.
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het die beskuldigde onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en beveel dat sy naam in die Nasionale Seksoortredersregister ingeskryf word.