AfriNuus het gister berig dat die liggaam van ‘n pasgebore babaseun Saterdagaand in ‘n asdrom langs die Gluckman-pad in Potchefstroom gevind is.
Ruan Cato, bestuurder van Mooirivier Beskerming in Potchefstroom, het aan AfriNuus bevestig dié mediese reaksie-eenheid Maandag om 13h04 ‘n oproep ontvang het oor ‘n vullisverwyderaar in Albert Lethuli-rylaan wat op nog ‘n pasgebore baba afgekom het.
Volgens Mooirivier Beskerming is die baba in ‘n plastieksak in die asdrom gegooi.
“Met ons aankoms is dit bevestig dat die babadogtertjie reeds oorlede is,” het Cato verder bevestig.
Lede verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) was op die toneel om ondersoek in te stel.