Dinsdag 14 Junie en Woensdag 15 Junie sal die Demokratiese Alliansie (DA) sy stryd in die Nasionale Vergadering (NV) voortsit, in ‘n poging om Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, en Enoch Godongwana, minister van finansies, te dwing om brandstofpryse te verlaag.
Hier is wat jy moet weet:
Dinsdag, 14 Junie: DA stel eise aan minister Mantashe en minister Godongwana.
Die DA sal sy wyd ondersteunde eis aan die ministers van finansies en minerale bronne en energie voorlê in ‘n poging om brandstofpryse te verlaag.
Hierdie eis, in die vorm van ‘n petisie, was die vinnigste groeiende petisie in die politieke party se geskiedenis.
Dinsdag om 08h00 het meer as 130 000 Suid-Afrikaners reeds hul naam op die petisie van www.slashfuelprices.co.za gevoeg.
Die DA meen dit is die petisie wat die meeste steun gekry het, sedert die petisie teen die wanbestuur van Jacob Zuma wat uiteindelik tot sy bedanking as staatshoof in Februarie 2018 gelei het.
DA-leier, John Steenhuisen, DA minister van minerale bronne en energie, Kevin Mileham, en DA nasionale woordvoerder, Siviwe Gwarube, sal die media toespreek oor die oorhandiging van die petisie aan minister Godongwana en minister Mantashe by die Parlement.
Datum: Dinsdag, 14 Junie 2022
Tyd: 13:15
Woensdag, 15 Junie: Die DA se debat in die Parlement, in ‘n poging om die brandstofprys te verlaag.
Op Woensdag 15 Junie sal die Parlement die DA se debat aanbied waarin die politieke party eis dat die nasionale regering brandstofpryse verlaag deur die 33%-belasting op brandstofpryse te verlaag.
“Ons sal hierdie debat in die Parlement gebruik om ons werkbare en praktiese oplossings formeel ter tafel te lê wat meer as R6 se belasting en heffings op elke liter brandstof sal sny,” sê Steenhuisen.
Die besonderhede is:
Datum: Woensdag, 15 Junie 2022
Tyd: 15:00