Ryanair, ‘n Europese laekostelugdiens, het ‘n omstrede algemene kennis toets in Afrikaans laat vaar. Die maatskappy het vroeër aan AfriNuus gesê dat die toets daarop gemik is om passasiers te identifiseer wat op vals Suid-Afrikaanse paspoorte reis.
Michael O’Leary, hoof van die lugdiens Ryanair, het aan BBC gesê om die toets af te lê “maak geen sin nie”.
Suid-Afrika het 11 amptelike tale (amper 12) en Ryanair het nooit verduidelik hoekom hy Afrikaans gekies het nie.
Die beleid het verontwaardiging onder Suid-Afrikaanse reisigers veroorsaak, met sommige passasiers wat verbied is om te vlieg indien hulle die toets gedop het.
Die passasiers het egter ‘n volledige terugbetaling ontvang en sal weer in die toekoms op die lugdiens se vliegtuie toegelaat word.
