Die Federale Reserweraad van Amerika het vanaand rentekoerse met 0,75% verhoog, die grootste enkele verhoging sedert 28 jaar gelede.
Die styging, die derde sedert Maart-maand, kom nadat inflasie verlede maand onverwags gestyg het.
Die groot rentekoersverhoging het markte egter verwag, met meer stygings wat verwag word.
Voorspellings wat ná die vergadering vrygestel is, het getoon dat amptenare verwag dat rentekoerse teen die einde van die jaar 3,4% kan bereik, ‘n stap wat sal lei tot ‘n hoër leenkoste vir verbande, skoollenings en kredietkaarte.