Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) van plan om aappokke te hernoem om sodoende diskriminasie en stigmatisering hok te slaan.
Die virus versprei soos ‘n veldbrand onder mense in ‘n ongekende wêreldwye uitbraak. Daar is tans meer as 1 200 gevalle wêreldwyd aangemeld.
Die WGO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die organisasie “werk saam met vennote en kundiges van regoor die wêreld aan die verandering van die naam”.
Wetenskaplikes het die bestaande naam as onakkuraat, diskriminerend en stigmatiserend beskryf in ‘n verslag wat verlede week vrygestel is, en gevra vir ‘n dringende verandering aan die naam.
‘n Aankondiging oor die nuwe naam sal “so gou as moontlik” gemaak word, het Tedros bevestig.
WGO, The Guardian