Die 56-jarige beskuldigde, Daniel Smit, het vanoggend weer in die Klawer-landdroshof verskyn.
Smit word aangekla van poging tot moord, versuim om ‘n ongeluk aan te meld, ontvoering, moord en regsverydeling tydens die moordsaak van die 13-jarige Jerobejin van Wyk.
Met ‘n vorige hofverskyning het die hof die beskuldigde na die Valkenberg psigiatriese hospitaal verwys vir 30 dae se waarneming ná ‘n aanbeveling deur ‘n sielkundige.
Wes-Kaapse woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Eric Ntabazalila, sê dat die NVG vanoggend ingelig is dat die beskuldigde nommer 93 op die waglys vir ‘n hospitaalbed is.
Sy saak is weer uitgestel tot Dinsdag 19 Julie 2022 vir die opening van ‘n hospitaalbed en vir verdere ondersoek.
Smit bly in aanhouding.