‘n Paartjie is op Sondag, 18 Junie 2022, om 20h00 in Dalasile in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Volgens polisiewoordvoerder, Namhla Mdleleni, word daar beweer dat die gesin van vier Sondag tuis was, terwyl die 53-jarige man en sy 48-jarige vrou TV gekyk het. Dit is nie duidelik waar die twee kinders was nie. Twee onbekende verdagtes het die huis binnegekom en skote op die man en sy vrou gevuur.
Hulle het albei gesterf, terwyl hul twee kinders ongedeerd was.
‘n Saak van dubbele moord word ondersoek. Alhoewel die motief vir die moord nie tans bekend is nie, volg die polisie alle leidrade op.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes in hierdie saak kan lei, kan kaptein Matomane by 073 309 5022 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.