Polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Selvy Mohlala, het ‘n voorval bevestig waarin ‘n 25-jarige man na bewering ‘n 62-jarige manlike pensioenaris Maandag, 20 Junie 2022, om 20h30 in Bosbokrand (in die Ehlanzeni-distrik in Mpumalanga) verkrag het.
Volgens die slagoffer was sy huis se deur Maandagaand nie gesluit nie.
‘n 25-jarige verdagte, wat aan hom bekend is, het glo sy huis en kamer binnegekom. Hy het gevra wat die verdagte daar soek, waarna dié hom toe gryp, na die bed stoot en hom verkrag.
Ná die voorval het die verdagte kontant wat bo-op die tafel was, gevat en weggestap.
Die verdagte is opgespoor en in hegtenis geneem.
Hy sal na verwagting vandeesweek in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.