Vanaf Woensdag, 22 Junie 2022, hoef Suid-Afrikaners nie meer enige gesigmaskers te dra nie – of dit nou binne of buite is.
Die beperkings op byeenkomste en die vereiste om ingeënt te wees om Suid-Afrika binne te kom is ook laat vaar.
Joe Phaahla, minister van gesondheid, het pas die regulasies in die Staatskoerant herroep.
Die regulasies sal môreoggend om 11:00 in ‘n mediakonferensie in diepte bespreek word.
Hier is wat ons weet:
Die volgende drie afdelings van die gesondheidsregulasies is in sy geheel, met onmiddellike effek, herroep:
???? Die dra van gesigmaskers. Dit beteken dat jy nou sonder ‘n gesigmasker in openbare ruimtes, binnenshuis en met openbare vervoer kan beweeg.
???? Die beperking op sametrekke. Dit beteken dat regulasies wat enige byeenkomste van meer as 100 mense beperk het óf tot 50% van maksimum lokaalkapasiteit as almal ingeënt is, ook weg val.
???? Die beperking op persone wat die land binnekom. Dit beteken dat jy nie inentingsertifikate of negatiewe PCR-toetse sal moet wys met aankoms in Suid-Afrika nie.
Dit beteken dat al die huidige Covid-19-beperkings basies wegval.
Jy kan die Staatskoerant hier aflaai: