Om die status van jou bestuurslisensiekaartaansoek na te gaan, stuur ‘n SMS met jou ID-nommer na 33214.
Die status van jou aansoek sal dan deur die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) per SMS aan jou gestuur word.
Jy sal ook ‘n SMS ontvang sodra jou kaart by die betrokke lisensiesentrum afgehaal kan word.
Let wel: Jy kan ook jou rybewys of motorlisensie aanlyn op RTMC se webtuiste hernu. Dit kos egter R530 vir die hernuwing plus R99 vir koerierdienste.
