Hendrick Chebanga, wat in Hammanskraal buite Pretoria woon, maak al van kleins af modelmotors en -vliegtuie.

Chebanga bedryf sy kunsbesigheid, genaamd Hendrick Africa Craft Work, vanuit sy motorhuis.

“My besigheid gebruik sinkplaat en skrootmetaal om replikas van vragmotors, motorfietse, vliegtuie en graafmasjiene vir maatskappye en mense te maak om te vertoon,” het hy in ’n onderhoud met GroundUp gesê.

“Ek maak enigiets met of sonder wiele, solank hulle vir my ’n foto stuur.”

Kyk gerus die volledige onderhoud hieronder: