Die Konserwatiewe Party het pas in ’n verklaring bevestig dat Boris Johnson, Britse premier, se plaasvervanger op 5 September aangekondig sal word.
Die aankondiging van die plaasvervanger sal volg na ’n stemming onder partylede ingevolge reëls wat Maandag deur die party se amptenare ooreengekom is.
Daar is tans 11 kandidate wat hulself verkiesbaar gestel het.