Die DA se stryd om die brandstofprys te verlaag, neem vandag ’n groot stap vorentoe, aangesien die parlement Vrydag die formele kennisgewing van die voorneme dat hierdie wetsontwerp ingestel moet word, in die Staatskoerant gepubliseer het.
Die DA het verlede week die volledige teks van die politieke party se wetsontwerp op die ‘Deregulering van Brandstofpryse’ aan die Parlement voorgelê, sodat hulle dit kan verwerk, en dit na vore bring sodat dit tot stemming kan gaan.
“Uiteindelik het die ANC geen ander keuse as om hierdie wetsontwerp te ondersteun nie,” sê Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor energie. “Dit is die enigste lewensvatbare oplossing op die tafel om verligting te bring aan die mense van hierdie land wat verdrink onder vinnig stygende pryse en lewenskoste.”
Die DA se eis is dat die brandstofprys verlaag moet word deur die belasting op brandstof te beëindig, en die nasionale regering te keer om die brandstofprys sentraal te beheer en dit hoog te hou.
“’n Kunsmatig hoë brandstofprys beteken bloot meer belasting vir die ANC-regering se koffers, en geld in die ANC se regeringsfondse wat korrupsie en luukse motors en huise vir ANC-kaders insluit,” voeg Mileham by.
Deur die belasting op brandstof te beëindig, en die brandstofprys te dereguleer, skat die DA dat Suid-Afrikaners die prys by die pompe met tot R9 per liter kan verlaag. “Op die oomblik sal R9 per liter van die brandstofprys ’n geweldige positiewe impak op mense en besighede maak.”
Teen Vrydag se pryse, as die Parlement instem tot die DA-maatreëls om brandstofpryse met tot R9 per liter te verlaag, sal ons die petrolprys tot sowat R17,50 per liter laat daal.
“En sodra pryse rondom hierdie R9 per liter verlaging gevestig is, met ’n gedereguleerde brandstofprys, sal laer oliepryse mettertyd beteken dat die prys by die pompe sal bly daal,” meen Mileham.
Die DA sê dit veg voort om die brandstofprys permanent te verlaag. “Ons wetsontwerp voor die parlement sal ’n baie veelseggende toets wees vir waar die ANC se lojaliteit op die buitensporige brandstofprys lê: Aan homself as dit maksimum belasting onttrek, of aan die land wat die pryse moet betaal.”
Die publikasie van die Kennisgewing vir die party se Wetsontwerp nooi die publiek om kommentaar te lewer ter ondersteuning van die verlaging van die brandstofprys deur deregulering.
Die DA moedig persone wat laer brandstofpryse wil sien aan om kommentaar te lewer op vandag se kennisgewing om die Wetsontwerp in te stel.
1 Kommentaar
Dit sal fantasties wees. Dis regtig ‘n baie groot probleem want dit druk pryse wat altyd per annum aan gepas was na pryse wat nou al selfs elke maand aan gepas word. Die lewe raak nou te duur,..