Hoërskool Rustenburg het in ’n verklaring op Facebook bevestig dat een van hul juffrouens, Annelize Meyer, haar man Jaco en hulle seun Tinus Saterdagaand in ’n noodlottige motorongeluk oorlede is.
Hulle seun Bernard en sy vriendin Kaylee het die ongeluk oorleef en is tans in die hospitaal opgeneem.
“Annelize was ‘n uiters bekwame onderwyser wat diep geliefd onder ons Rustie-leerders en personeel was! Dit is met trane in ons oë wat ons haar vandag groet. Bernard en die familie is in die Rusties se gebede.”