AfriNuus het vroeër berig dat Katar se ministerie van buitelandse sake ’n verklaring uitgereik het oor die massa-skietery by die Emazulwini-taverne in Soweto waar 15 mense dood is. Katar het na die geweldadige voorval as ‘terrorisme’ verwys.

Katar het egter namiddag die plasing op Twitter uitgevee en teruggetrek, waarin die land die geweld en terrorisme verwerp het.
Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het getwiet: “Na aanleiding van my gesprekke met die Katar-ambassadeur in Suid-Afrika en die Katar-woordvoerder van die ministerie van buitelandse sake, het ons goeie vriende sedertdien die verklaring oor die skietvoorval in Soweto teruggetrek en uitgevee. Ons bedank hulle en waardeer hul solidariteit en ondersteuning.”
Clayson het bygevoeg dat die partye saamstem dat ons vir die uitkomste van ondersoeke moet wag voordat die voorval geëtiketteer word.