Dit is nie eers ’n maand sedert seisoen een van die mees gestroomde realiteitsprogram op Disney+ en Hulu geëindig het nie en Disney+ het pas bevestig dat die tweede seisoen oor twee maande na klein skerms terugkeer.
Disney+ het vandag die amptelike lokprent vir seisoen twee van “The Kardashians” vrygestel en aangekondig dat die nuwe seisoen van die realiteitsreeks op 22 September 2022 sal begin – ook in Suid-Afrika. Nuwe episodes sal elke Donderdag bekendgestel word.
“Kameras keer terug om die voortdurend veranderende lewens van Kris, Kourtney, Kim, Khloé, Kendall en Kylie vas te vang,” sê Jared Stokes, kommunikasiebestuurder van Disney+, in ’n verklaring.
“Die familie verwelkom kykers terug om saam met hulle te staan deur hul grootste oomblikke. Van vurige romanses en lewensveranderende mylpale tot ondenkbare suksesse. Die familieband bly onbreekbaar terwyl hulle hul openbare en private lewens navigeer vir die wêreld om te sien.”
Kyk die lokprent hier onder: