Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het in die jongste Staatskoerant voorgestel dat die maatskaplike noodverligting (SRD) van R350 in die toekoms slegs betaal word aan mense wat minder as R624 per maand verdien.
Lindiwe Zulu het verder bevestig dat die publiek tot 29 Julie 2022 kans het om op die voorgestelde verandering te reageer.
Dit volg nadat die einde aan die nasionale ramptoestand aangekondig is.
Kommentaar kan per e-pos gerig word aan dr. Maureen Mogotsi, waarnemende hoofdirekteur van maatskaplike bystand, by SAREGS@dsd.gov.za.
Klik hier om meer in die Staatskoerant te lees.
46680_7-7_SocialDev
2 opmerkings
Dit sal verwelkom word, want so kan dit nie aangaan nie. Waarvoor werk mens, belasting, krag en petrol
Dit is goeie idee want the cost of living is killing us
So die res van daai gelde Kan elsewhere gebruik word ons Kan nie Meer nie rerig…. Als styg op n daaglikse base