Russel Meiring, ER24-woordvoerder, het in ’n verklaring bevestig dat een persoon vanoggend dood en 38 ander mense beseer is toe ’n vragmotor en sleepwa op die N12 buite Wolmerandstad in die Noordwes omgeslaan het.
ER24 en verskeie ander nooddienste het om 07h30 op die toneel aangekom om die vragmotor en sleepwa te vind wat op sy sy in die middel van die pad gelê het.
“Talle pasiënte wat agter op die vragmotor en sleepwa was, het langs die pad beland,” sê Meiring.
Medici het die pasiënte behandel en gevind dat een persoon noodlottige beserings opgedoen het. “Niks kon vir hom gedoen word nie, en hy is dood verklaar.”
Agt-en-dertig ander mense het geringe tot kritieke beserings opgedoen.
Die pasiënte is behandel, en die kritiek beseerdes is van gevorderde lewensondersteuning voorsien, voordat hulle na verskeie hospitale vir dringende sorg vervoer is.
Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.
1 Kommentaar
So kan dit nie aangaan met die krag wat aan e af gaan nie. Dit is nie goed vir die huishoudings en al die Besighede nie!!!!!!!! Die regering sal moet in tree.