Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het bevestig dat die polisie in Waterval buite Louis Trichardt ’n geregtelike doodsondersoek begin het ná ’n voorval van die oënskynlike misbruik van alkohol wat by ’n drankwinkel plaasgevind het.
Daar word beweer dat ’n man by een van die plaaslike drankwinkels in die Mashamba-dorpie deelgeneem het aan wat hulle ’n “drinkkompetisie” genoem het.
Die wenner wat die hele bottel Jägermeister binne ’n bepaalde tyd kon drink, sou R200 kontant kry. Een van hulle het onmiddellik daarna ineengestort en is na die plaaslike kliniek geneem waar hy dood verklaar is.
Die voorval het na bewering Sondag 10 Julie 2022 om 23h30 gebeur.