Die eerste foto van Nasa se James Webb-teleskoop is Maandag deur President Joe Biden bekend gemaak. Dit is die eerste van ’n reeks saamgestelde foto’s wat die groot aantal sterrestelsels van die heelal miljarde jare gelede vasvang.
Die James Webb-ruimteteleskoop (JWRT) is ’n ruimteteleskoop wat deur Nasa ontwikkel is, met bydraes deur die Europese Ruimteagentskap (ESA) en die Kanadese Ruimteagentskap (CSA). Dit is op 25 Desember 2021 gelanseer.
Elke voorwerp in die foto verteenwoordig ’n sterrestelsel, terwyl elke sterrestelsel ook ’n sonnestelsel het.
Die foto wys die sterrestelsels soos dit 4,6 miljard jaar gelede verskyn het. Die saamgestelde foto sal deur nog gevolg word, wat beelde van die kosmos lewer.
In die begin van die jaar het die James Webb-ruimteteleskoop sy eindbestemming van 1,6 miljoen km van die Aarde bereik. Wetenskaplikes by Nasa het sedertdien gewerk om die teleskoop se nabyinfrarooi-kamera in te stel om die spieëls gefokus te kry.
“As jy ’n sandkorrel op die punt van jou vinger op armlengte vasgehou het, is dit die deel van die heelal wat jy in hierdie prent sien. Hier sien jy sterrestelsels wat rondom ander sterrestelsels skyn,” het Bill Nelson, administrateur van Nasa, gesê.
Die teleskoop het Nasa meer as R170 miljard gekos.