’n Petisie deur “NoMore GBV” het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) versoek om te appelleer teen die uitspraak oor die veroordeelde “vroueslaner”, Jaco Swart, wat ’n boete van R20 000 en ’n opgeskorte vonnis ontvang het, nadat hy sy vervreemde vrou, Nicoleen Swart, by verskeie geleenthede aangerand het.
Beeldmateriaal van die aanranding is wyd oor spesiale media versprei.
Meer as 20 000 handtekeninge is in ’n aanlynpetisie gevoeg, in ’n poging om Jaco Swart agter tralies te laat sit.
Die petisie is begin deur die organisasie en die suster van ’n slagoffer van vrouemoord. “My suster, Charlene October, is in Julie 2021 vermoor deur haar eksman wat nou teregstaan vir haar moord. Ek het ’n petisie teen sy borgtogaansoek begin, wat geweier is, en nou begin ek ’n petisie ter ondersteuning van Nicoleen Swart, die oorlewende van die veroordeelde ‘vrouslaner’ Jaco Swart, wat op een of ander manier daarin geslaag het om tronkstraf vir sy misdade teen sy vrou te vermy.”
The South African berig dat dit lyk of Jaco Swart uit die samelewing wegkruip, nadat ’n groep mans hom aangerand het. Sy prokureur het bevestig dat beide Swart se selfone afgeskakel is, maar dat hy steeds betalings aan sy prokureur maak.
Swart ly na bewering tans aan erge depressie, met talle besighede wat hom reeds uit hulle persele verbied het.
Daar is voorheen berig dat Jaco glo oor selfmoord gepraat het en dat hy eerder sy eie lewe sal neem voordat hy deur ander doodgeslaan word.
Jaco is vroeër vandeesmaand deur ’n groep onbekende mans in Gauteng aangerand. Volgens ’n vriend was Jaco bekommerd en hewig ontsteld na die aanranding. Swart beweer verder hy is ook in ’n kar se kattebak gelaai en ’n ruk later weer afgelaai.
Dit is nie bekend waar Swart homself tans bevind nie, maar hy is glo onlangs in Kaapstad gesien.
AfriNuus het sonder sukses probeer uitreik na Jaco Swart.