Die vakverbond Cosatu het Dinsdag geëis dat die 40 werknemers van Standard Bank wat afgedank is omdat hulle ’n Covid-19-inenting geweier het, weer aangestel word.
Dit volg in die nasleep van die bank se besluit om oor die naweek sy entstofmandaat heeltemal op te skort.
Sizwe Pamla van Cosatu het ‘n beroep op werkgewers gedoen om op te hou om werkers te viktimiseer oor die kwessie van verpligte inentings, aangesien die nasionale ramptoestand opgehef is.
Cosatu het alle werkers wat afgedank is aangemoedig om griewe by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in te dien en hul vakbonde, sowel as die hof te nader