Die eienaar van die Enyobeni-taverne in Oos-Londen, waar 21 jongmense dood is, is saam met twee werknemers onderskeidelik die naweek en gister (Dinsdag) in hegtenis geneem.
Die inhegtenisneming van die 52-jarige verdagte en twee werknemers van tussen 33 en 34 jaar volg nadat die Oos-Kaapse Drankraad ’n klagte by die Scenery Park-polisiestasie vir die oortreding van die Drankwet gelê het.
Na die opening van die saak deur die Drankraad het die ondersoekproses begin wat gelei het tot boetes van R2 000 wat aan elk van die twee taverne-werknemers uitgereik is, terwyl ’n dagvaarding aan die eienaar beteken is vir sy onmiddellike arrestasie en verskyning in die hof.
Die eienaar van die taverne sal na verwagting op 19 Augustus 2022 in die landdroshof in Oos-Londen verskyn, terwyl die twee werknemers ’n opsie van ’n boete ingevolge die Drankwet gegee is. Indien hulle versuim om die boete te betaal, sal hulle in dieselfde hof moet verskyn.
’n Forensiese ondersoek na die oorsaak van die 21 kinders se dood duur steeds voort. Soos vroeër aangedui, sal die resultate op ’n gepaste tyd en na die ondersoek afgehandel is, aan die geaffekteerde families beskikbaar gestel word.
Daar is geen nuwe verwikkelinge op hierdie stadium nie.
Lees meer hier: http://www.saps.gov.za/newsroom/msspeechdetail.php?nid=40917