Terwyl beurtkrag vanaand talle Suid-Afrikaners in die donker dompel, sal ’n buitengewone helder maan jou dalk vir ’n verandering nie in die duister laat nie.
Stel jou horlosies vir 20:37 (SA-tyd)! Vanaand se supermaan is die grootste en naaste wat die maan in 2022 aan die Aarde sal kom – al is dit 357 264 km weg.
Die supermaan sal regdeur die nag sigbaar bly.