Jong meisies in landelike gebiede in Zimbabwe gebruik glo ou komberse, ou lappe en selfs beesmis tydens hul menstruele siklusse, omdat hulle geen toegang tot sanitêre doekies of tampons het nie.
Volgens ’n verslag deur die Zimbabwe Coalition on Debt and Development (Zimcodd) moes die meeste plattelandse Zimbabwiese meisie nou aanpas omdat die koste van sanitêre doekies te duur is.
’n Opname deur NewsDay het aan die lig gebring dat die goedkoopste pakkie van 10 sanitêre doekies nou tussen R25 en R34 kos, terwyl baie duur handelsmerke tot R170 kan kos.
Die goedkoopste tampons in die land kos R67.
In ’n verklaring het Zimcodd gesê weens die geheimhouding rondom menstruasie en die versuim deur sommige gemeenskappe om dit as ’n natuurlike biologiese proses te aanvaar, het baie meisies uiteindelik onhigiëniese materiaal gebruik.
“Menstruasie, hoewel ’n normale liggaamsfunksie, word steeds met stilte, taboes en stigma geassosieer. Vroue en meisies staar talle uitdagings in die gesig met die bestuur van hul menstruele siklus aangesien lappies en ander voorrade dalk nie beskikbaar is nie of onbekostigbaar is. Hulle het dalk ook nie toegang tot veilige toiletgeriewe met skoon water waar hulle hulself in privaatheid kan skoonmaak nie en hulle staar diskriminerende kulturele norme of praktyke in die gesig wat dit moeilik maak om goeie menstruele higiëne te handhaaf. Baie vroue sonder toegang tot menstruele produkte improviseer met ou komberse, toiletpapier, lappe, koerante, modder en selfs beesmis.
“By ’n onlangse besoek in die Zaka-distrik deur die Portefeuljekomitee oor Primêre en Sekondêre Onderwys, is opgemerk dat die meeste jong meisies nie toegang tot sanitêre doekies gehad het nie. Dit het gelei tot afwesigheid van die skool vir ’n paar dae elke maand,” lees die Zimcodd-verslag.
Zimcodd het gesê dit maak inbraak op vroue se regte op reproduktiewe gesondheid, water en sanitasie.
“Armoede en humanitêre krisisse beperk vroue en meisies van hoë gehalte en veilige, private wasgeriewe.”
ZIMCODD-Weekly-Review-15.06.2022