Ivana Trump, ’n voormalige vrou van Donald Trump, is op die ouderdom van 73 oorlede.
Sy is dood in haar woonstel gevind. Polisieowerhede sê dat sy van ’n hartaanval dood is, alhoewel ander media berig dat sy moontlik van haar woonstel se trappe afgeval het.
’n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bevestig.
Alhoewel Donald Trump dikwels gespog het oor sy unieke sakevernuf, het Ivana Trump ’n kritieke rol gespeel in die bou van sy eiendomsrykdom, wat kort ná hul huwelik in 1977 begin het.
Donald Trump het die nuus op sy platform Truth Social bevestig.
Trump het geskryf:
“I am very saddened to inform all of those that loved her, of which there are many, that Ivana Trump has passed away at her home in New York City. She was a wonderful, beautiful, and amazing woman, who led a great and inspirational life…”
Ivana het drie kinders: Donald Jr., Ivanka, en Eric.