Sasbo, die vakbond in die bankwese, het bevestig dat Standard Bank begin het om herindiensnemingsooreenkomste aan te gaan met die 40 werknemers van dié bank wat weens die Covid-19-inentingsbeleid afgedank is.
Dit volg nadat die bank sy inentingsmandaat vroeër vandeesweek afgeskaf het en die vakbond die bank gedreig het om hom hof toe te sleep indien hy nie die afgedankte personeellede teen vandag weer aanstel nie.