Die 61-jarige Suid-Afrikaanse vrou, Sheila Seleoane, het meer as twee en ’n half jaar in haar woonstel in Londen gelê voordat die polisie haar ontbinde liggaam ontdek het.
Volgens ’n berig deur die Daily Mail is die vrou vermoedelik reeds in 2019 dood, maar eers in Februarie 2022 deur polisieowerhede gevind.
Sheila is op die bank in die sitkamer gevind, waar sy blykbaar deur afgeblaasde partytjieballonne omring is.
Die bure het na bewering meer as twee jaar lank oor ’n slegte reuk gekla, voordat ondersoek ingestel is en die polisie haar woonstel se deur oopgebreek het. Opgehoopte pos is ook buite haar woonstel gevind.
Haar oorskot is na haar familie in Suid-Afrika gestuur, wie haar nog nooit ontmoet het nie.
By haar begrafnisdiens in Londen was daar na bewering slegs twee mense teenwoordig.
’n Geregtelike doodsondersoek behoort vas te stel wanneer en hoe sy dood is.
Die enigste gepubliseerde foto van Sheila Seleoane is ’n paspoortfoto.