Sewe mense, insluitend ses vroue en ’n jong man, is wreed op ’n plaas buite Kestell, in die Vrystaat, vermoor.
Daar word beweer dat die plaaseienaar op Vrydag 15 Julie 2022 afgekom het op die lewelose liggame van plaaswerkers binne hul huis op die plaas.
Die slagoffers is wreed geskiet en deur onbekende verdagte(s) vermoor.
Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.
Die name van die oorledenes en hul ouderdomme is nog nie bekend nie.
Die provinsiale kommissaris, Baile Motswenyane, het ’n dringende mobilisering van maksimum hulpbronne beveel om seker te maak dat die oortreders vasgetrek word.