Die jongste data van die Sentrale Energiefonds (CEF) dui aan dat die volgende daling in brandstofpryse (gegrond op oorverhalings) op Woensdag, 3 Augustus 2022, verwag kan word:
- 95-oktaan-petrol: Daal met R0,41 per liter;
- 93-oktaan-petrol: Daal met R0,48 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: Daal met R0,22 per liter; en
- 0,005%-swael-diesel: Daal met R0,25 per liter.
Die bogenoemde data is op 15 Julie 2022 geneem.
Die brandstofheffing van 75c, wat vanaf Augustus weer bygereken moet word, is reeds ingesluit. Vanaf 3 Augustus sal jy weer die volledige R1,50-belastingheffing moet betaal.
Let wel: Hierdie is egter slegs ’n aanduiding van hoe brandstofpryse sou styg, sou dit vandag vasgestel word.
Daily-15-07-2022