Ghana het sy eerste twee gevalle van die dodelike Marburg-virus bevestig. Dit is ’n hoogs aansteeklike siekte in dieselfde kategorie as die Ebola-virus.
Die nasionale gesondheidsdepartement sê dat albei pasiënte onlangs in die hospitaal dood is.
Hul monsters het vroeër hierdie maand positief vanaf laboratoriums in Senegal teruggekom.
Die gesondheidsdepartement sê verder dat 98 mense nou onder kwarantyn as vermoedelike kontakgevalle geplaas is.
Geen behandeling bestaan nog vir Marburg nie.
Die virus word vanaf vlermuise aan mense oorgedra en versprei tussen mense deur die oordrag van liggaamsvloeistowwe.
Dit is ’n ernstige, dikwels dodelike siekte met simptome soos hoofpyn, koors, spierpyne en die braking van bloed.
In Afrika is vorige uitbrake in Angola, die Kongo, Kenia, Suid-Afrika en Uganda aangemeld.
⁃ WHO, Reuters, BBC