Die saak teen Daniel Smit (56), die vermeende moordenaar van Jerobejin van Wyk (13), is vandag tot Dinsdag 16 Augustus 2022 uitgestel.
Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het aan AfriNuus gesê dat Smit 87ste op die waglys is van mense wat na die Valkenberg psigiatriese hospitaal vir sielkundige waarneming verwys is.
Smit staan tereg op aanklagte van ontvoering, moord, poging tot moord, regsverydeling en versuim om ’n misdaad aan te meld.