Eskom het Maandag bevestig dat beurtkrag vanaf Maandag, 1 Augustus 2022, vir eThekwini-inwoners hervat word.
Die munisipaliteit het nie beplande kragonderbrekings gehad sedert die vloedramp in April vanjaar nie.
Eskom het vroeër gesê dat dit met die munisipaliteit gewerk het om ‘n datum vas te stel vir wanneer dit beurtkrag in die metro kan hervat, nadat die skade wat deur die swaar reën veroorsaak is, herstel is.