Russel Meiring, ER24-kommunikasiebeampte, het in ’n verklaring bevestig dat ’n man, vermoedelik in sy 40’s, vanoggend dood is voordat hy per helikopter na die hospitaal geneem kon word. Die man is dood na ’n elektriese skok, terwyl hy by ’n substasie op Molopoweg in Wilropark in Gauteng gewerk het.
ER24-paramedici het kort ná 09:00 op die toneel aangekom om ’n ander nooddiens te vind wat reeds teenwoordig was. ’n Man is gevind waar hy ’n paar meter weg van die substasie gelê het.
Medici het die man behandel en gevind dat hy erge brandwonde aan sy bolyf opgedoen het, wat hom in ’n kritieke toestand gelaat het.
Medici het die man behandel en verskeie gevorderde lewensondersteunende ingrypings is op hom toegepas, voordat ’n helikopter op die toneel aangekom het om hom na ’n nabygeleë hospitaal te neem. Met die helikopter se aankoms, het die man aan sy brandwonde beswyk.
Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend.