Spaanse aanklaers eis agt jaar tronkstraf en ‘n boete van €24 miljoen (R408 miljoen) vir Shakira weens beweerde belastingbedrog.
Die Colombiaanse sangeres word daarvan beskuldig dat sy tussen 2012 en 2014 nie €14,5 miljoen (R246 miljoen) aan belasting betaal het nie.
Vroeër hierdie week het Shakira ‘n aanbod geweier om die saak te skik en te sluit. ‘n Verhoordatum is nog nie vasgestel nie.
Die ster is in 2018 van belastingontduiking beskuldig. Aanklaers het gesê sy het tussen 2012 en 2014 in Spanje gewoon terwyl sy haar amptelike woning elders gelys het.
Mense wat meer as ses maande in die land deurbring, word vir belastingdoeleindes as inwoners beskou. Maar Shakira sê sy het toe nie hoofsaaklik in Spanje gewoon nie.
’n Dokument van aanklaers wat deur Reuters gesien is, beweer Shakira het in 2012 ’n huis in Barcelona gekoop, wat ’n gesinshuis vir haar en haar destydse lewensmaat, Barcelona-sokkerspeler Gerard Piqué, geword het.
Dit vra vir ‘n vonnis van agt jaar tronkstraf en ‘n boete van €23,8 (R400 miljoen) indien die sanger skuldig bevind word.
Amptenare het ‘n belastingrekening geëis van al haar globale inkomste gedurende die betrokke tydperk, nie net dié wat in Spanje gegenereer is nie.
Sy het Spanje in 2015 as haar woonplek vir belastingdoeleindes verklaar.
⁃ Sky News, The Guardian, BBC