Die departement van minerale bronne en energie het oor die naweek die finale brandstofpryse aangekondig wat om middernag (Woensdag, 3 Augustus 2022) in werking tree:
- 95- en 93-oktaan-petrol: Daal met R1,32 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: Daal met 88c per liter;
- 0,005%-swael-diesel: Daal met 91c per liter;
- Paraffien: Daal met R1,44 per liter.
Dit is hoe brandstofpryse vanaf Woensdag by die pompe sal lyk:
Aan die kus:
- 95-oktaan-petrol: R24,77 per liter;
- 93-oktaan-petrol: R24,34 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: R23,87 per liter;
- 0,005%-swael-diesel: R23,98 per liter;
- Paraffien: R17,63 per liter.
In Gauteng:
- 95-oktaan-petrol: R25,42 per liter;
- 93-oktaan-petrol: R24,99 per liter;
- 0,05%-swael-diesel: R24,52 per liter;
- 0,005%-swael-diesel: R24,62 per liter;
- Paraffien: R18,42 per liter.
Dit is die grootste daling in brandstofpryse in bykans twee jaar.
Die Automobiel Assosiasie (AA) het vandag nog goeie nuus gebring. Die vooruitsigte vir brandstofpryse in Suid-Afrika is nog ’n daling in brandstofpryse in September – mits die huidige toestande voortduur.
Media-Statement-Fuel-Prices-for-Aug-2022