Die Calvinia-streekhof het Alfred Swartz (50), van die omgewing van Brandvlei naby Calvinia in die Noord-Kaap, tot 40 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op talle aanklagte van verkragting.
Die beskuldigde is aangekla van 2 aanklagte van statutêre verkragting en 4 aanklagte van verkragting, met een van sy slagoffers wat sy biologiese dogter is. Die ander slagoffer is sy buurvrou se dogter. Lees AfriNuus se vorige berig hieroor.
Hierdie voorvalle wat etlike jare geduur het, het in 2013 begin toe die beskuldigde met sy buurvrou se dogter ‘se toestemming’ seksuele omgang gehad het. Sy was egter onder die ouderdom van 16 jaar.
Die beskuldigde het ’n seksuele verhouding gehad met die kind wat toe 14 jaar oud was. Tydens hul verhouding het die beskuldigde besitlik geraak, wat daartoe gelei het dat hy die kind aangerand het, en toe sy later weier om seksuele omgang met die beskuldigde te hê, het hy haar verkrag.
Die saak is aangemeld, en die beskuldigde is van statutêre verkragting aangekla. Die verdagte is gearresteer, en sy borgtog is suksesvol deur die staatsaanklaer teëgestaan.
Ongelukkig het die klaer in 2015 die area waar die misdaad in Brandvlei gebeur het, verlaat, en kon nie opgespoor word nie. Dit het daartoe gelei dat die saak teruggetrek en die beskuldigde vrygelaat is.
In 2015 het die beskuldigde begin om sy biologiese dogter, wat 8-jaar oud was ten tyde van die oortreding, te verkrag. Hierdie voorvalle het gereeld oor die tydperk van 2015 tot 2021 plaasgevind.
Die ma van die kind het die saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld en dat haar man, die beskuldigde, hul kind verkrag het toe sy nie by die huis was nie. Die kind het genoem dat die verdagte haar al verskeie kere seksueel aangerand het sedert sy 8 jaar oud was, en hy haar gedreig het om vir niemand te vertel nie. Die verdagte is in hegtenis geneem en sy borgtog is suksesvol teengestaan.
Nadat die verdagte in hegtenis geneem is, het die slagoffer in die 2013-saak na die aanklaer gekom en genoem dat sy Brandvlei verlaat het en in Kakamas gewoon het en die saak is heropen. Die beskuldigde was in aanhouding tot die aanvang van sy verhoor.
Die vervolging onder leiding van Solly John Sass, streekhofaanklaer, het by die hof gepleit om nie van die maksimum vonnis af te wyk nie.
Die hof het die beskuldigde as volg gevonnis:
- Aanklag 1, statutêre verkragting: 5 jaar gevangenisstraf;
- Aanklag 2, statutêre verkragting: 5 jaar gevangenisstraf;
- Aanklag 3, verkragting: 40 jaar gevangenisstraf;
- Aanklag 4, verkragting: 40 jaar gevangenisstraf;
- Aanklag 5, verkragting, 40 jaar gevangenisstraf; en
- Aanklag 6, verkragting, 40 jaar gevangenisstraf.
Landdros Mbalo het gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien word en dat die verdagte 40 jaar tronkstraf uitdien.
Die verdagte is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.
Solly John Sass, wat die vervolgingspan gelei het, het gesê die aanklaer is tevrede met die vonnisse wat deur die hof opgelê is en hoop dat sulke vonnisse die regte boodskap aan die gemeenskappe sal stuur dat misdade teen vroue en kinders nie geduld sal word nie.